Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Oudtshoorn munisipaliteit loods lugbesoedelings bewusmakingsprojek

Die geïntegreerde ontwikkelingsplan van Oudtshoorn Munisipaliteit fokus op ‘n gebalanseerde ontwikkelingstrategie wat beskerming van ons omgewing integriteit verseker. Die munisipaliteit se visie is om ‘n sterk en sorgsame gemeenskap te bou, wat streef om die lewensgehalte van al ons burgers op ‘n volhoubare wyse te verbeter.

Oudtshoorn word bemark as ‘n Sportmekka

Oudtshoorn munisipaliteit se mandaat om Oudtshoorn as ‘n sportbestemming binne Eden te bemark is besig om vrugte af te werp. Dit is een van die visies van die Raad vir Oudtshoorn om bekend te staan as ‘n Sportmekka.

Oudtshoorn het nou ‘n splinternuwe toetsbaan

Die Oudtshoorn verkeersafdeling het gister sy toetsbaan amptelik oopgemaak vir alle bestuurderslisensies. “Die toetsbaan voldoen aan alle vereistes vir ‘n Graad A status en is weer oop vir alle voertuie en motorfietse,” het Patrick Jordaan, Hoof: Verkeersafdeling, tydens die openingseremonie genoem.