Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Oudtshoorn munisipaliteit loods lugbesoedelings bewusmakingsprojek

Oudtshoorn, 01 Augustus 2018 – Die geïntegreerde ontwikkelingsplan van Oudtshoorn Munisipaliteit fokus op ‘n gebalanseerde ontwikkelingstrategie wat beskerming van ons omgewing integriteit verseker.  Die munisipaliteit se visie is om ‘n sterk en sorgsame gemeenskap te bou, wat streef om die lewensgehalte van al ons burgers op ‘n volhoubare wyse te verbeter.

Om hierdie rede het die munisipaliteit as ‘n gesamentlike poging met Eden Distriksmunisipaliteit ‘n lugbesoedelings bewusmakingsprojek begin.  Hierdie projek fokus meer op hoe voertuie se uitlattingsgasse nadelig is vir die omgewing.

Die hoofdoel van hierdie projek is om die publiek bewus te maak van voertuigvrystellingsgasse en om die impak wat dit het op die lugkwaliteit te verminder.

Die munisipaliteit beoog om hierdie projek twee keer ‘n jaar te doen, aangesien dit by alle B-munisipaliteite in die Wes-Kaap gedoen moet word in samewerking met Eden Munisipaliteit.  Die eerste toets was ‘n paar weke gelede gedoen. 

Die eerste gedeelte van die toets was om die bestuurder te vra om die revolusie van die enjin te verhoog, sodat die toetsbeampte kan sien of daar enige uitlaatgasse uitkom om die kwaliteit daarvan te bepaal. Wanneer daar oormatige rook uitkom, word ‘n deursigtigheidsmeter gebruik om vas te stel of die lesing binne perke is.

Hierdie meter word in die uitlaatpyp van die voertuig gedruk, dan moet die bestuurder drie keer die voertuig se revolusie verhoog, waarna die resultate van die toets uitgedruk word.  Hierdie resultate is ‘n bewys dat die voertuig voldoen aan die vereistes van die Nationale Raamwerke van Lugkwaliteit Bestuur in Suid-Afrika.  Plaaslike munisipaliteite het die opsie om ‘n boete of waarskuwing uit te reik wanneer die voertuig nie voldoen aan die vereistes nie.

Die deursigtigheidsmeter meet en stel die hoeveelheid lig geblokkeer in die uitlaatgasse van dieselenjins vas.

“Hierdie inisiatief van die Omgewingsafdeling van die munisipaliteit is iets goeds. Meer bewusmaking oor lugkwaliteit binne die Groter Oudtshoorn sal voortaan gedoen word” was die woorde van rdl Colan Sylvester, Uitvoerende burgemeester.

“Dit is goed om die publiek in te lig oor die voor- en nadele van die voertuie wat ons ry.”