Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Oudtshoorn word bemark as ‘n Sportmekka

Oudtshoorn, 31 Julie 2018 – Oudtshoorn munisipaliteit se mandaat om Oudtshoorn as ‘n sportbestemming binne Eden te bemark is besig om vrugte af te werp.  Dit is een van die visies van die Raad vir Oudtshoorn om bekend te staan as ‘n Sportmekka.

Die burgemeester, rdl Colan Sylvester, het vrydag ‘n intieme sessie gehad met van die skole en sportpresteerders van die dorp.  Tydens hierdie sessie het hy weereens die munisipaliteit se belofte om saam met sportfederasies te werk bevestig.  Die munisipaliteit het hom daartoe gestel om sportfederasies finansieel te ondersteun om toernooie van nasionale, provinsiale en selfs op internasionale vlak na die dorp te trek. 

Colan Sylvester is van mening dat daar gekyk moet word na die waarde van sport met sporttoerisme in Oudtshoorn en dat dit ook belangrik is dat die munisipaliteit oorsig gee oor wat gespandeer was in terme van sportbestuur. Die munisipaliteit begroot gewoonlik elke jaar vir finansiële ondersteuning vir atlete wat die nasionale, provinsiale of streekspanne verteenwoordig.

Die atlete wat geïdentifiseer word is kinders van Oudtshoorn en wat ook in Oudtshoorn skoolgaan.  Vir die boekjaar 2017/2018 het Oudtshoorn munisipaliteit ongeveer R528 383.00 spandeer aan finansiële ondersteuning vir atlete sowel as die aanbied van toernooie in die dorp.  n’ Gedeelte van die geld is toegeken aan ‘n totaal van 174 atlete uit die gemeenskap.

Van die atlete en sportkodes wat donasies ontvang het is die volgende:

  • 1 Tennisspeler vir die Senior Wêreld kampioenskappe
  • 10 pluimbalspelers ondersteun na die Suid-Afrikaanse Veterane toernooi in Hartenbos
  • 55 skaakspelers vir kampioenskappe in Bloemfontein
  • 15 atlete wat deelgeneem het aan die oesterfees marathon
  • 13 rugbyspeleres vir deelname aan die Nasionale toernooi in Sasolburg, Kimberley
  • 5 skopboksers van Oudtshoorn wat deelgeneem het aan Turkye ope kickboxing kampioenskappe is R9 000 toegeken
  • SA padkampioenskappe is R30 000 toegeken
  • Trompoppies wat in Junie plaasgevind het is R30 000 toegeken
  • 21 spelers vir deelname aan die Nasionale krieketweek in Oudtshoon Desember is R12 000 toegeken asook R10 000 aan die Nasionale krieketweek.
  • 15 baldansers van Oudtshoorn in Desember na Sun City vir deelname aan Suid-Afrikaanse kampioenskappe, is R15 000 toegeken

Die munisipaliteit het ‘n bedrag van R100 000 aan die Supersport Rugby toegeken. Die munisipaliteit dra kennis van die kritiek wat ontvang is vanaf die publiek dat die plaaslike atlete nie ondersteun nie. Bogenoemde feite bevestig dat die munispalitiet ondersteun juis ons plaaslike atlete, ons beloon juis daarmee ons kinders se prestasies en dat ons daarmee ons kinders wil aanmoedig om in sport deel te neem,” sê Sylvester.

Supersport finale was die derde rugby geleentheid vir die jaar.  Oudtshoorn is gekies omdat die fasiliteite juis een van die bestes is.  Daar is ‘n moontlikheid dat Oudtshoorn genader sal word om ‘n pro-40 rugbywedstryd aan die einde van jaar aan te bied wat n direkte uitvloeisel is van die aanbieding van die supersport wedstryde.

“Waarde van toernooie word soms nie na waarde geag nie.  Met die SA padkampioenskappe was alle akkommodasie van Oudtshoorn volbespreek.  As 3 000 persone in Oudtshoorn inkom is daar ‘n ekonomiese sirkulasie van geld wat binne die dorp geskep word.  Dit het ‘n ekonomiese impak op die dorp of dit by winkels, gastehuise of restaurante.” 

Dit is nodig om herkenning te gee aan die sportfederasies wat verskriklik hard werk om geleenthede na die dorp toe te trek.  Oudtshoorn is een van die weinige dorpe wat in een jaar minstens 4 nasionale toernooie aangebied het.

  • SA Jeugontwikkeling
  • Wêreld ballroom
  • Padfiets & tydwedrenne
  • 2 swembyeenkomste

Bemarkingswaarde van die toernooie dra by tot die verhoging in besoekersgetalle na die dorp wat lei tot ekonomiese groei van die dorp.