53 nuwe huiseienaars

Die behuisingsafdeling het weereens op Maandag, 18 Februarie 2019, transportaktes aan 53 huiseienaars in die Vuyani omgewing oorhandig. Baie het dit met ‘n groot glimlag ontvang.
KwaManyanostraat opgegradeer

Oudtshoorn munisipaliteit het opgraderingswerk gedoen van die grondpad in KwaManyanostraat in Bongolethu. Hierdie projek het afgeskop op 23 Oktober 2018 en is voltooi op 14 Desember 2018.
Snykant kontemporêre dans uit Vlaandere by KKNK25 te sien

Dans is vanjaar weer te sien by KKNK te danke aan die internasionale Vlaamse dansgeselskap se produksie, Rule of Three. Die vertrekpunt van Rule of Three is ons vermoë om blitsvinnig van een indruk na die ander oor te skakel