Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Snykant kontemporêre dans uit Vlaandere by KKNK25 te sien

Dans is vanjaar weer te sien by KKNK te danke aan die internasionale Vlaamse dansgeselskap se produksie, Rule of Three.

Die vertrekpunt van Rule of Three is ons vermoë om blitsvinnig van een indruk na die ander oor te skakel. In ’n reeks tonele deur drie van Vlaandere se beste dansgeselskappe, word hierdie gefragmenteerde ervaring van die werklikheid, weens ’n oorvloed van stimulusse, verbeeld. Dit is ’n versameling kortverhale, vertel met behulp van liggame, ligte, musiek, kostuums en woorde. Jan Martens werk vir die eerste keer saam met die Amerikaanse vervaardiger en tromspeler NAH, wat musiek skep met lewendige en opgeneemde tromspel, gekombineer met gevonde en gemanipuleerde klanke. Die dansers tree in gesprek met NAH se eklektiese musiekkomposisies om die sensoriese stimulasie ’n stap verder te voer.

Kontemporêre dans uit Vlaandere het ‘n groot internasionale weerklank. Sedert die ontploffing van radikale en kreatiewe dans in Vlaandere in die 1980s, is Brussel die kontemporêre danshoofstad van Europa.

‘n Nuwe generasie choreograwe het die konsep van dans laat herleef met ‘n vars aanslag, waar ‘n persoonlike stempel op die werk gelaat word. Hierdie konsep het tradisionele grense verskuif en persepsies verander, in beide hul tuisland en internasionaal. Vlaamse dans het sedertdien verskeie perspektiewe geskep. Choreograwe kom nie meer eksklusief vanuit Vlaandere of Brussel nie en internasionale invloede en samewerkings het hul eie interpretasies tot die kuns bygevoeg. Wat hierin behoue bly, is die onafhanklike en unieke geesdrif van die beginjare, ewig veranderend en ontwikkelend.

In Rule of Three vervleg Martens vertelkuns met musiek om die atmosfeer van ‘n nagklub te skep, saam met die sensasie van verdwaal tussen ‘n boek se bladsye. Die resultaat, ‘n briljante dansstuk, terselfdertyd luid en lewendig. ‘n Reeks lewende beelde ontvou met verrassings om elke hoek en draai. Onafhanklike kort tonele dupliseer die oorvloed van inligting waaraan ons voortdurend onderwerp word.

Rule of Three is ‘n rebelse ontketening van ongetemde meditasie van die kontraste van ons era – gevoelloosheid en uitbarsting, die bepaalde en die instinktiewe, die hart en die verstand.

Dié produksie spreek tot ouer, sowel as jonger gehore en het ‘n ouderdomsbeperking van 16 vir naaktheid.

RULE OF THREE deur GRIP | Jan Martens in samewerking met NAH
Dansers: Steven Michel, Courtney Robertson en Daniel Mussett

Musiek: NAH

https://vimeo.com/243145059

Optredes by die KKNK op Oudtshoorn:

Donderdag, 21 Maart om 16:00 en Vrydag, 22 Maart om 12:00

Venue: Laerskool Wesbanksaal, Oudtshoorn

Kaartjies: R105 by Computicket, of R120 by die deur