Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

KwaManyanostraat opgegradeer

Oudtshoorn, 19 Februarie 2019 – Oudtshoorn munisipaliteit het opgraderingswerk gedoen van die grondpad in KwaManyanostraat in Bongolethu.  Hierdie projek het afgeskop op 23 Oktober 2018 en is voltooi op 14 Desember 2018.

Die projek het die konstruksie van padlaagwerke, die installering van nuwe randstene, plaveiselwerk en die afvlakking van ‘n sypaadjie behels op ‘n padlengte van 230m. Die kontrakteurs, Joycin Construction, is aangestel om die projek te bestuur en die aanstelling is deur die normale Voorsieningskanaalprosesse gedoen.  Die kontrakteur het van plaaslike sub-kontrakteurs en plaaslike arbeid gebruik gemaak op die projek te voltooi. Die aanstelling van arbeiders was in lyn met die riglyne van die Geïntegreerde Ontwikkelings Plan (GOP).

Die kostes van die projek is uit die MIG (municipal infrastructure grant) befonds, en het R713 734.19 beloop.