Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Vullisverwyderingsplan en operasie skoonmaak in die Groter Oudtshoorn

Oudtshoorn, 20 Desember 2017 –  Die Reinigingsafdeling van die munisipaliteit het ‘n vullisverwyderingsplan opgestel wat daartoe versekering gee dat vullis by elke huishouding in die Groter Oudtshoorn verwyder sal word.
 
Vullisverwyderingsdienste word gelewer om te verseker dat alle inwoners in ‘n gesonde en skoon omgewing woon. Alle huishoudings en besighede in die munisipale gebied se vullis word weekliks verwyder, vullis-tariewe word deur die departement van finansies bepaal en een keer per maand aan die inwoners se rekeninge gehef.

Reinigingsdienste bestaan uit drie eenhede:

Vullisverwydering:
Dit behels die verwydering van huishoudelike en besighede se vullis op geskeduleerde dae, asook die uitdeel van vullissakke aan huishoudings wat deur die munisipaliteit voorsien word.  Elke pak bevat 25 swartsakke en elke huishouding ontvang ‘n maksimum van twee pakke per kwartaal.  
 
Oopspasies:
Die vullisbakke wat op strategiese plekke op oop spasies geplaas word is slegs vir tuinvullis.  ‘n Beroep word op alle inwoners gedoen om asseblief geen huishoudelike vullis in hierdie bakke te stort nie.  Hierdie bakke word een keer per week leeggemaak.  Ouers word versoek om seker te maak dat kinders nie speel naby die bakke nie aangesien die baie onhigiënies is.
 
Straatveërs:
Die amptenare wat daagliks die dorp skoonmaak se hooffokus is om rommel op te tel en die strate te veë.  
 
Die Stormwater-skoonmaak fase by Thabo Mbeki Square in Wyk8 is afgehandel.
 
Die munisipaliteit het verlede week, in vennootskap met ‘n plaaslike boer, Hans Terblanche van Stolsvlakte, die N12 (die pad tussen Oudtshoorn en De Rust) skoongemaak.  Hierdie area val onder die Eden Distrik Munisipaliteit, maar omdat dit deel is van die gesig van Oudtshoorn het Oudtshoorn munisipaliteit besluit om in te spring.  
 
Oudtshoorn munisipaliteit is die afgelope tyd besig met heelwat skoonmaakprojekte “sodat die netheid van ons dorp gestalte kan gee aan ons karakter,” sê die uitvoerende burgemeester, rdl Colan Sylvester.  “Die netheid van ‘n dorp weerspieël die karakter van sy inwoners.”
 
“Weereens ‘n pleidooi aan u as inwoners van Oudtshoorn.  Wees trots op u dorp en hou u dorp skoon” vra die rdl Colan Sylvester.