Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Voorspoedige feesseisoen vir u almal

Hierdie tyd van die jaar smag almal na rus, rustigheid en ‘n ontspanne atmosfeer. Die meeste van ons gaan ons skoene, letterlik en figuurlik, uitskop en die beste maak van die tyd deur dit met familie en vriende te spandeer.

Gun my hierdie geleentheid om vir almal in die Groter Oudtshoon welwense vir die feestyd toe te wens. Oudtshoorn munisipaliteit en ook die inwoners, het in hierdie jaar baie uitdagings gehad, maar ook baie positiewe dinge wat op ons pad gekom het waarvoor ons net dankbaar kan wees. Dankie vir u as inwoners se samewerking hierdie jaar.

Die munisipaliteit het beweeg van ‘n donker finansiële krisis, tot waar daar nou ‘n ligstraal deurskyn, wat sonder u as die inwoners nie moontlik sou wees nie. Baie inwoners wat huise ontvang het en ook transportaktes, kan met ‘n glimlag die nuwe jaar ingaan met die wete dat hulle ‘n dak oor hul kop het.

In hierdie tyd van feestelikheid kom ons vergeet nie van ons minderbevoorregtes nie, ons haweloses nie en probeer ‘n helpende hand uitsteek aan die volgende persoon, al is dit met ‘n bord kos as daar miskien te veel op u tafel is. Dit is in hierdie tyd wat ons ons menslikheid moet bewys.

Aan alle besoekers hier by ons in die Klein Karoo, geniet u tyd in ons geweste en ‘n warm feesgroete vir u.

Geniet die vakansie, ry veilig en bly veilig!