Oudtshoorn, 28 Junie 2017 – Oudtshoorn munisipaliteit se visie is om Oudtshoorn as die sportmekka van Suid-Afrika te vestig, en poog daarom met die samewerking van Departement van Sport en Kultuursake om weer die sportfees op die been te bring. Die sportfees skop amptelik af op 01 Julie 2017 tot 08 Julie 2017.
Die herlewing van die fees is gerig op ekonomiese ontwikkeling, die jeug asook sport toerisme. Meer as 1800 deelnemers en beamptes is deel van die 2017 Sportfees. Die sportkodes hierdie jaar is as volg:
DATE |
CODES |
VENUE |
30 JUNE-01JULIE 2017 |
OUDTSHOORN OPEN CHESS TOURNAMENT |
RECREATIONAL SPORTS GROUND |
01 JULY 2017 |
SAFA EDEN TOP EIGHT SOCCER TOURNAMENT |
BONGOLETHU SPORTS GROUND |
01 JULY 2017 |
EDEN DISTRICT DEVELOPMENT NETBALL TOURNAMENT |
BRIDGTON SPORTS GROUND |
01JULY 2017 |
WESTERN CAPE YOUTH DEVELOPMENT BOWLS TOURNAMENT |
OUDTSHOORN BOWLS CLUB |
01 JULY 2017 |
EDEN REGIONAL AMATEUR BOXING TOURNAMENT |
SANDF |
02- 05 JULY 2017 |
WESTERN CAPE YOUTH FESTIVAL CYCLING |
OUDTSHOORN |
08 JULY 2017 |
LOCAL CLUB DOMINOES TOURNAMENT |
RECREATIONAL SPORTS GROUND |
07-08 JULY 2017 |
WESTERN CAPE WORLD TRIAL BALLROOM |
DE JAGER SPORTS COMPLEX |
Die Uitvoerende burgemester, rdl Colan Sylvester, wil sy dank uitspreek teenoor die Departement van Sport en Kultuursake en die Oudsthoorn Sportraad vir hulle finansiële bydrae tot die 2017 sportfees. Hy noem dat die sportfees weer ‘n jaarlikse instelling in Oudtshoorn gaan wees wat dan op sy beurt ‘n goeie ekonomiese inspuiting vir die dorp te weeg sal bring.