Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Oorhandiging van die opgegrawe oorskot van Michael Lucas

Oudtshoorn, 01 November 2017 – Colan Sylvester, uitvoerende burgemeester, was op 31 Oktober 2017 die gasheer vir die oorhandiging van die opgegrawe oorskot van Michael Lucas wat op 25 Maart 1988 gehang was, waarna sy oorskot die eiendom van die staat geword het.
 
Lucas se oorskot is op ‘n baie gewyde manier aan sy moeder, Makhata Ncwango, sy twee susters, Wendy Ncwango en Bulelwa Ncwango, en ook sy dogter, Pamela Tu, oorhandig deur minister van justisie en korrektiewe dienste, Adv. Michael Masutha.
 
Michael Lucas was 21 jaar oud toe hy aangekla was vir die moord op ‘n bus inspekteur.  Gedurende sy verhoor het Lucas skuldig gepleit op die misdryf van poging tot kwaadwillige beskadiging van eiendom en strafbare manslag.  Hy is op 25 Maart 1988 in Pretoria gehang, sewe maande nadat hy die doodstraf gekry het.  Op 31 Mei 2017 was sy oorskot  opgegrawe waar dit op 31 October 2017 aan sy family oorhandig is, amper 30 jaar na sy afsterwe.
 
Die burgemeester het in sy toespraak gesê “Oudtshoorn verwelkom die oorskot van Michael terug na sy familie”. 
 
Michael Lucas word te ruste gelê op Saterdag, 04 November 2017.  Die begrafnisreëlings is soos volg: 08h00 tot 10h00 by die huis (668 17de Laan, Nuwe Uitbreiding, Bongolethu) 10h00 tot 12h00 by Nevada Saal in Bongolethu en 12h00 by die Rooms Katolieke Kerk in Bongolethu.