Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Groter Oudtshoorn se landelike gebiede kry sonkrag

Oudtshoorn, 26 Junie 2017 – Oudtshoorn munisipaliteit is die eerste in die Weskaap wat meemaak aan die sonkragprojek en soos die uitvoerende burgemeester, rdl Colan Sylvester gesê het, is Oudtshoorn een van die ideale plekke wat sonkrag effektief kan benut siende dat die dorp baie son dae het.

Die munisipaliteit is deur die Department van Energie gefinansier om die sonkragprojek van stapel te stuur, spesifieke gemik op die landelike gebiede. Sonkrag is bekostigbaar en voorsien in die basiese behoeftes van die mens.  Hierdie panele maak voorsiening vir 6 binneligte, 2 buiteligte, ‘n punt vir selfone, radio en televisie.  Die burgemeester het mnr Greef, senior bestuurder van Elektrisiteit, bedank vir die inoverende wyse waarop hulle gehandel het om die projek van die grond af te kry.

Behalwe die Pierewiet kleuterskool, het 1660 huise in die landelike gebiede van die Groter Oudtshoorn sonkragpanele ontvang.  Die munisipaliteit het die behoefte raakgesien vir sonkrag in sekere landelike gemeenskappe en het aansoek gedoen by Departement van Energie, wat dit in twee fases goedgekeur het.  Eerste fase was vir 660 huise en die tweede fase was vir 1100 huise.

Die diensverskaffer, Specialized Solar Systems, het vir die Pierewiet kleuterskool ‘n verdere skenking gegee van ‘n televisie, ‘n radio, ‘n yskas asook bedrading en buiteligte. “Oudtshoorn munisipaliteit wil graag aan die voorpunt wees van vernuwing.  Dankie dat u as diensverskaffer u sosiale verantwoordelikheid ook nakom om die kleuterskool kinders se lewens te verbeter” het Rdl Sylvester gesê.

In die foto (v.l.n.r.):  Carlos Smith, Diensverskaffer, Beverley Josephs, Opvoeder, Rdl Colan Sylvester Uitvoerende Burgemeester van Oudtshoorn, Corrie Greeff, Snr Bestuurder: Elektrisiteit