Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Biblioteek in Rosevalley ‘n vooruitsig

Oudtshoorn, 18 Desember 2017 – “Die kragtigste middel tot verdediging wat aangewend kan word om die wêreld te transformeer is opvoeding.” (Madiba)
 
Oudtshoorn munisipaliteit het in vennootskap met die Wes Kaapse Biblioteekdienste gegaan om ‘n biblioteek in Rosevalley gebied op te rig.  
 
Die Wes Kaapse Biblioteek dienste het die munisipaliteit befonds met R8.5m om hierdie projek van stapel te stuur.  Om te verseker dat die proses effektief en doeltreffend verloop word daar beoog dat die beplanningsproses sal begin tussen Januarie en Julie 2018.  
 
“Ons wil ‘n leeromgewing skep waarin ons leerders in stilte en rustigheid navorsing en skoolwerk kan doen” sê die uitvoerende burgemeester, Rdl Colan Sylvester. “Opvoeding vir ons jongmense en kinders lê my baie na aan die hart en ons het ons daarop toegerus om aktief betrokke te raak om die jongmense se leeromgewings te verbeter.”  
 
Die verskaffing van biblioteekdienste is die eksklusiewe bevoegdheid van die Provinsiale Regering en die Wes Kaapse Biblioteekdienste het enorme vordering gemaak om hul verantwoordelikhede teenoor openbare biblioteke dwarsdeur die provinsie na te kom. Oudtshoorn is gekategoriseer as ‘n B2 Munisipaliteit  wat beteken dat ongeveer 70% van die biblioteek se uitgawes betaal word aan die munisipaliteit om die bedryfskoste van die biblioteke te dek.
 
“Oudtshoorn munisipalitiet streef daarna om die inwoners geleenthede te bied sodat dit letterlik vir ‘n hulle dorp word om te werk, te leer en voorspoedig te wees.”