SA Tafeltennisfederasie kry R20 000

Oudtshoorn munisipaliteit het vroeër hierdie week ‘n donasie van R20 000 oorhandig aan die Suid-Afrikaanse Tafeltennisfederasie. Die Tafeltenniskampioenskappe gaan hierdie jaar vir die eerste keer in Oudtshoorn plaasvind vanaf 22 tot 28 September 2019 by die De Jager Sportkompleks. Die waarnemende burgemeester, Noluthando Mwati, het die federasie gekomplimenteer met hulle werke, veral die feite dat hulle so baie moeite doen met die jong mense. Mwati noem ook dat as meer jongmense blootgestel word aan sport, kan dit help om die misdaadsyfer in ons gemeenskappe te verlaag.