Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

SA Tafeltennisfederasie kry R20 000

Oudtshoorn, 11 September 2019 – Oudtshoorn munisipaliteit het vroeër hierdie week ‘n donasie van R20 000 oorhandig aan die Suid-Afrikaanse Tafeltennisfederasie.  Die Tafeltenniskampioenskappe gaan hierdie jaar vir die eerste keer in Oudtshoorn plaasvind vanaf 22 tot 28 September 2019 by die De Jager Sportkompleks.

Die waarnemende burgemeester, Noluthando Mwati, het die federasie gekomplimenteer met hulle werke, veral die feite dat hulle so baie moeite doen met die jong mense.  Mwati noem ook dat as meer jongmense blootgestel word aan sport, kan dit help om die misdaadsyfer in ons gemeenskappe te verlaag.

“Hierdie geleentheid is histories en ons is bly om dit in Oudtshoorn te kan hê” het die voorsitter van die Eden Tafeltennisfederasie, Garshen Williams, genoem gedurende die tjekoorhandiging wat ook bygewoon was deur van die raadslede. Volgens hom sal al nege provinsies kompeteer sowel as Botswana.  Meer as 800 jong spelers sal hierdie geleentheid bywoon.

Mwati het hulle ook voorspoed toegewens met woorde van Madiba “’n Wenner is ‘n dromer wat nooit tou opgee nie”. 

Hierdie geleentheid bring die groter Suid-Afrika na die groter Oudtshoorn.