329 Inwoners word huiseienaars in Wyk 6

Oudtshoorn munisipaliteit se behuisings department kan met trots terugkyk na die lewering van om en by 800 huise die afgelope twee jaar asook die lewering van titelaktes, het burgemeester, Colan Sylvester, hulle geprys met die oorhandiging van nog 329 titelaktes op Donderdag, 06 September 2018. Met samewerking van provinsiale en nasionale regering kon die munisipaliteit hierdie mylpaal bereik.