Waterbesparings veldtog deur Oudtshoorn munisipaliteit

In ‘n poging om inligting oor waterbesparing op alle vlakke van die samelewing te versprei, begin Oudtshoorn Munisipaliteit ‘n opvoedkundige veldtog spesifiek gemik op skoolkinders. In die munisipale nuusbrief, Maart 2018 se uitgawe bladsy twee, is daar ‘n blokkiesraaisel vir kinders om hulle algemene kennis te toets en ook hope pryse te wen.