Oudtshoorn munisipaliteit begin opvoedkundige bewusmaking oor dwelmmisbruik

Oudtshoorn munisipaliteit het die inisiatief aan die dag gelê om ‘n seminaar oor dwelmmisbruik te hou op Woensdag, 21 Junie 2017 met alle relevante belanghebbendes. Die doel van hierdie seminaar was vir opvoedkundige bewusmaking en voorkoming van dwelms. Idees, probleme en oplossings is op die tafel gelê en gesamentlik bespreek.