Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Oudtshoorn munisipaliteit begin opvoedkundige bewusmaking oor dwelmmisbruik

Oudtshoorn, 26 Junie 2017 – Oudtshoorn munisipaliteit het die inisiatief aan die dag gelê om ‘n seminaar oor dwelmmisbruik te hou op Woensdag, 21 Junie 2017 met alle relevante belanghebbendes. Die doel van hierdie seminaar was vir opvoedkundige bewusmaking en voorkoming van dwelms.  Idees, probleme en oplossings is op die tafel gelê en gesamentlik bespreek. 

Die onderburgemeester, rdl Noluthando Mwati, het tydens dié seminaar dwelmmisbruik as ‘n demoon beskryf, wat die gemeenskap van Groter Oudtshoorn moet konfronteer om sodoende die jong generasie uit die kloue van dwelms te bevry.

“n Gerehabiliteerde dwelmverslaafde, mnr Eldon Mekier, het ‘n getuienenis gelewer waar hy genoem het dat dit so maklik is om in verslawing te verval.  Hy was by ‘n partytjie en het badkamer toe gegaan, toe een van sy vriende hom iets aanbied om te rook en sê dat dit hom vining nugter gaan maak.  So maklik kan dit begin. 

Onder die genooide gaste was die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), APD Oudtshoorn, Oudtshoorn Christelike Jeugforum, Suff Academy, Family And Marriage Society Of South Africa (FAMSA), Korrektiewe Dienste, Department van Sosiale Ontwikkeling, Wes-Kaapse Onderwys Departement (WKOD), Department van Binnelandse sake, South African Faith and Family Institustion (SAFFI), Youth Café sowel as die gemeenskap.

Vele punte was onder bespreking onder andere:

  • Hoe word hierdie uitdagings aangespreek? 
  • Aan wie se deure klop die gemeenskap vir hulp?
  •  Wat maak ons ouers om ons kinder te help? 
  • Help ons hulle verder in die verderf in, deur vir hulle op te staan as hulle verkeerd is? 

Tydens die besprekings was dit duidelik dat die gemeenskap van mening is dat maatskaplike dienste meer sigbaar moet wees deur seker te maak dat South African Social Services Agency (SASSA) gelde wel vir kinders gebruik word en nie vir ander dinge nie.  Van die voorstelle was dat skole meer buitemuurse aktiwiteite moet begin om kinders van die strate te hou en dat ledigheid die duiwel se oorkussing is.

Volgens rdl Noluthando Mwati, is Oudtshoorn munisipaliteit besig om projekte in orde te bring wat kan help met die oplossing van dwelmmisbruik en werk aan voorkoming, met behulp van al hierdie belanghebbendes en vrywilligers.  “Van die projekte is die Youth Café. Die munisipaliteit beoog om nog ‘n Youth Café op te rig in Dysselsdorp.  Die munisipaliteit is ook besig met die finalisering van huisvesting vir haweloses, sowel as huisvesting vir mishandelde vroue en kinders.  Al hierdie projekte skep ‘n veiligheidsnet sodat die wat dit nodig het kan weet dat daar veilige plekke is in Oudtshoorn” het Mwati gesê.

Ons  grootste uitdaging is die straatkinders, wat hand aan hand loop met die groot werkloosheidsyfer in Oudtshoorn, wat dan op sy beurt moedeloosheid te weeg bring en jongmense na dwelms dryf het sy gesê, en dat met die samewerking van alle relevante belanghebbendes kan daar ‘n verskil in Oudtshoorn gebring word.

In die foto:  Belanghebbendes wat deel was van die seminaar oor dwelmmisbruik