Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Voorafbetaalde koopkrag “unblocked”

Oudtshoorn, 19 Desember 2017 – Gedurende die raadsvergadering van 19 Desember 2017, het die raad eenparig besluit dat alle inwoners wie se elektrisiteit “geblock” of “afgesny” is, geaktiveer moet word vir die feesseisoen.
 
Ongeveer 12 233 huishoudings in die Groter Oudtshoorn maak gebruik van voorafbetaalde (koopkrag) en 3 392 huishoudings van konventionele krag waarvan 702 huishoudings se koopkrag “geblock” en 48 “afgesny” is.  Raadslede van Oudtshoorn munisipaliteit het dit goed geag as ‘n teken van welwillendheid om alle inwoners wie se elektrisiteit “geblock” of “afgesny” is, te herstel vanaf 20 Desember 2017 tot 03 Januarie 2018.  Sowat 48 huishoudings wat gebruik maak van konventionele elektrisiteit is afgeskakel, en selfs diegene se elektrisiteit gaan weer aangeskakel word. 
 
Raadslede doen egter ‘n beroep op inwoners om asseblief reëlings te tref by die munisipaliteit vir afbetaling van oortrokke rekeninge.  Diegene wat teen 03 Januarie 2018 geen reëlings getref het nie, se elektrisiteit sal weer “geblock” of “afgesny” word.
 
Neem asseblief kennis dat die munisipaliteit nie huishoudings se elektrisiteit gaan aanskakel wat boetes het op hul rekeninge het nie.  Hierdie boetes is vir persone wat elektrisiteit diefstal gepleeg het, of aan die elektrisiteitsmeters gepeuter het.