Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Vlak 4 Waterbeperkings in die Groter Oudtshoorn

Oudtshoorn, 02 Februarie 2021 – Die vlak van die Raubenheimer dam het die afgelope week gedaal tot onder 60% nadat dit einde Oktober 2020 op 77% gestaan het. Dit word grootliks daaraan toegeskryf aan die onder gemiddelde reënval vir die laaste drie maande en die hoë temperature wat verhoogde verdamping asook hoër watergebruik tot gevolg gehad het. 

Ongeveer 50mm reën is die afgelope drie maande gemeet teenoor die gemiddeld wat normaalweg in die omgewing van 100mm beloop. Die paar donderstorms het ongelukkig ook die opvangsgebied gemis.

Ten tye van lae reënval daal die damvlak met ongeveer 1% per week. Daarmee gepaartgaande geskied die verpligte landbou loslatings  vanaf Desember tot Maart elke jaar.

Inlig van bostaande, word Oudtshoorn Munisipaliteit  genoodsaak om die strenger vlak 4 waterbeperkings weer in te stel. Die vergunnings wat einde verlede jaar gemaak is word met onmiddelike effek teruggetrek. Die vergunnings wat teruggetrek word sluit in die natmaak van tuine met besproeiing asook die volmaak van swembaddens.

Indien die damvlak onder 50% daal, sal die noodtariewe ook weer in werking tree.

Die gemeenskap word vriendelik versoek om gehoor te gee en waterbesparing ȇrnstig op te neem. Sou daar binnekort goeie reën wees en die dam beduidend styg, sal die beperkings onmiddelik hesien word. Inwoners word egter daarop gewys dat oortreding van die beperkings strafbaar is met ‘n R1000 boete.