Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Verkeersafdeling se toetsbaan weer op dreef

Oudtshoorn, 26 Junie 2018 – Die verkeersafdeling van Oudtshoorn munisipaliteit was verlede jaar op die punt om gedegradeer te word na ‘n Graad F as gevolg van die toetsbaan wat nie aan die vereiste standaarde voldoen van ‘n Graad A lisensie toetsbaan nie. Na die opknapping van die toetsbaan het die Departement van Transport op 22 Junie 2018 bevestig dat die verkeersafdeling sy vorige Graad A status kan hervat.

“Die verkeersafdeling het die nodige maatstawe in plek gesit om die status van ‘n Graad A toetssentrum te behou.  Baie werk en beplanning is ingesit om te verseker dat die toetsbaan op die aanvaarbare standaard is.  Departement van Transport het Oudtshoorn besoek om vas te stel wat die kondisie van die toetsbaan asook wat die grense is in verhouding met bestuurslisensies,” sê Allen Paulse, munisipale bestuurder.

Graad F beteken dat die Verkeersafdeling slegs hernuwing van lisensies, hernuwing van professionele bestuurspermitte (PRDP) en die omskakeling van ‘n bestuurslisensie van ‘n identiteitsdokument tot ‘n kaart kon doen.

Siende dat die verkeersafdeling nou weer Graad A status het, kan dit sy pligte hervat soos voorheen.  Die verkeersdepartement kan nou weer alle kodes vir leerlinglisensies doen.  Die publiek kan nou al begin afsprake maak vir die toets van hul bestuurslisensies, alle kodes.

“Ons beoog om die eerste toetse te begin in die derde week van August” het mnr Patrick Jordaan, waarnemende hoof: Verkeerdepartement genoem.