Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Uitvoerende Burgemeester vier saam eerste skooldag in De Rust

Oudtshoorn, 11 Januarie 2017 – Terwyl die skoolkinders oulik in enkel rye sit, het hulle aandagtig aan die Uitvoerende Burgemeester, Rdh Colan Sylvester, geluister terwyl hy hulle toegespreek het en vir van hulle geluk gewens het met hul eerste skooldag.

Rdh Sylvester was op Woensdag, 11 Januarie 2017, by De Rust Blomnek primêr ek ook by De Rust hoërskool vir die begin van ‘n nuwe skool jaar. Rdh Sylvester het gesê dat kinders en onderwysers lê baie na aan sy hart en die kinders moet die geleentheid die jaar gebruik sodat hulle na die volgende graad kan beweeg volgende jaar.  Hy het die ouers wat hulle kinders vir die eerste dag skool toe gebring het, mooi gevra om die kinders en die onderwysers te ondersteun en te help waar hulle kan. 

As gevolg van die waterkrisis in De Rust het die skole, huishoudings, die kliniek en ander besighede geen drinkwater nie en skool kinders het met dankbaarheid toegesing toe die burgemeester die water oorhandig aan die skole. Skole sal daagliks voorsien word van water totdat die probleem opgelos word. Amptenare is op die oomblik besig om die pype te herstel wat verstop  is.

Rdh Sylvester het verder meer vir die skool kinders gevra om alles in te sit en met dit sal hulle baie suksesvol wees aan die einde van die jaar.  “Moenie die geleentheid wat julle nou kry nie benut nie. Wees gebalanseerd en kry julle prioiriteite reg” het hy van die hoërskool kinders gevra. Hy het beide die twee skoolhoofde en hul personeel sterkte toegewens vir die nuwe jaar en vir die goeie resultate van 2016.