Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Stortingsterrein weer veilig na beter toegangsbeheer

Oudtshoorn, 29 Mei 2018 – Oudtshoorn munisipaliteit het ‘n poging aangewend om die Grootkop Stort Terrein, beter bekend as “die tiep”, meer gebruikersvriendelike te maak deur die aanstelling van sekuriteitswagte op 19 April 2018.  Die vordering van die projek word gemonitor om die sukses te bepaal, alhoewel daar sedertdien nog geen klagtes ontvang was van aanranding of diefstal nie.

Na gelang van klagtes wat vroeër ontvang was oor beweerde aanranding en diefstal by die Grootkop Stort Terrein, is samesprekinge tussen die munisipaliteit en informele afval herwinnaars gehou.  Tydens hierdie gesprekvoeringe was besluit om ses persone, wat informele herwinnaars op die stortingsterrein was, tydelik aan te stel as sekuriteits wagte.  Die volgende is aangebring ten einde ‘n poging aan te wend om toegangs beheer en sekuriteit by die stortingsterrein te bevorder:

  • Veiligheids baadjies is aan die informele herwinnaars uitgereik sodat hulle geÏdentifiseer kan word hetsy deur die munisipaliteit of deur die publiek;
  • ‘n Skuiling (“container”) is aan gebring naby die ingang vanaf die hoof pad;
  • Toegangs beheer meganisme is aangebring naby die ingang vanaf die hoof pad.

Daar word rekord gehou van die afval wat na die terrein kom,  waarna die sekuriteitswagte voertuie vergesel tot by die stortings area ten einde verdere veiligheid te bevorder. Inwoners word weereens gemaan om asseblief by die volgende tydskedules te hou.

Maandag – Vrydag        :  08h00 tot 17h00

Saterdag                          :  08h00 tot 14h00

Hierdie tydskedule is ook van toepassing op openbare vakansiedae.

“Sekuriteitswagte is aandiens vanaf Maandag tot Saterdag om orde toe te pas, terwyl toegang tot Grootkop Stort Terrein buite hierdie ure op eie risiko is en nie aanbeveel word nie.”

Die Munisipaliteit is verbind daartoe om nodige dienste lewer aan die inwoners van Groter Oudtshoorn. Voorsiening van basiese dienste aan alle inwoners op ‘n omgewingsvolhoubare wyse is een van ons belangrikste doelwitte as die Munisipaliteit,” sê die munisipale bestuurder, Mnr Allen Paulse.