Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Rus en Vrede Waterval weer oop vir besoekers

Oudtshoorn, 14 November 2017 – Nadat Rus en Vrede Waterval vir meer as ses maande gesluit was vir die publiek, kan besoekers weer die natuurskoon roete gebruik om by die waterval uit te kom.

Die toegangspad, wandelpad en voetgangersbrug wat deel uitmaak van die roete na die waterval, het in April 2017 deur ‘n flitsvloed in die Swartberge aansienlike skade opgedoen.  Na hierdie vloed moes die waterval gesluit word aangesien die terrein ontoeganklik was.

Uitvoerende burgemeester, rdl Colan Sylvester, het gesê die sluiting van die waterval was nie net ‘n finansiële verlies nie, maar dit het ook toeriste die geleentheid ontneem om hierdie attraksie te verken en te ervaar.

Rus en Vrede waterval is 35km uit Oudtshoorn geleë, waar op ‘n grondpad grensend aan die Raubenheimerdam langs gery moet word en dan ‘n wandelpaadjie moet volg om by die waterval uit te kom.

Dit het die munisipaliteit meer as ses maande geneem om die pad te herstel.  Voorheen was die pad klipperig en ongelyk, maar is ook heelwat verbeter sodat dit toegangbaar is vir enige tipe voertuig.   

Die waterval is elke dag van die week oop vanaf 09:00 tot 16:30, ook op Kersdag.  Toegangsfooie is as volg per voertuig:

  • 16+ persone – R226.00
  • 7-16 persone – R87.00
  • 1-6 persone – R57.00

“Na ‘n lang wagtyd en baie heropbou in die omgewing is die Rust & Vrede-waterval nou oop vir die publiek. As u ‘n lui middag het, ry deur na die skilderagtige plekkie wat u na ‘n pragtige uitsig van die waterval sal lei,” sê Colan Sylvester.