Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

R8.5 miljoen vir nuwe Rosevalley Biblioteek

Oudtshoorn, 26 Junie 2018 – Die eerste publieke deelname proses vir die Rosevalley Biblioteek het afgeskop op Donderdag, 21 Junie 2018.  Tydens hierdie vergadering is die publiek meegedeel dat die Wes-Kaapse Biblioteekdienste ‘n bedrag van R8.5 milloen beskikbaar sal stel vir die oprigting en onderhoud van die Biblioteek.

Die Wes-Kaapse Bilblioteek dienste het R8.5 miljoen geallokeer aan Oudtshoorn Munisipaliteit vir die oprigting van ‘n Biblioteek in Rose Valley. Die befondsing is slegs vir hierdie projek en mag nie vir enige ander doel gebruik word nie.  Die Biblioteek sal dienste lewer aan Rosevalley, Rosebank, Neppon en Toekomsrus.

Hierdie projek is ‘n eerste in terme van Biblioteke vir Groter Oudtshoorn in ‘n lang tyd en is die breinkind van die Oudtshoorn Raad en Provinsiale Regering aan die publiek.

Die Uitvoerende Burgemeester, Colan Sylvester, het die publiek toegespreek en gesê dat die sukses van die Biblioteek afhanklik is van die publiek se ondersteuning en inkoop in die projek. 

“Die Biblioteek is die eiendom van die gemeenskap en u moet eienaarskap aanvaar en die Biblioteek sien as ‘n tooekomstige belegging vir ons kinders. Ons kan dit sien as ‘n groot nalatanskap om ons kinders te bevoordeel om hul geletterheidsvlakke op te bring” was die burgemeester se woorde aan die wat die publieke vergadering bygewoon het.

Thomas Matthee, Direkteur van Gemeenskapsdienste, het aangevoer dat die belangrikste gedeelte van die projek is om die gemeenskap se goedkeuring, inkoop en samewerking te ontvang vir die projek om ‘n sukses te wees. Hy noem dat daar gereeld terugvoering gegee sal word aan die publiek soos die projek vorder.

Gedurende die vergadering moes daar gestem word vir drie tot vyf gemeenskapslede om deel te wees van die projek-kommitee.  Siende dat die opkoms nie so groot was nie was daar voorgestel dat daar met die volgende vergadering gestem word.  Die munisipaliteit nooi dus die publiek uit om asseblief die volgende vergadering by te woon.  Die datum sal op ‘n latere stadium deurgegee word.

Die Rosevalley Biblioteek projek sal nuwe werksgeleenthede bied.  Die Biblioteek self sal, wanneer die heeltemal van die grond af is, permanente werk kan verskaf aan een senior biblioteek assistant, twee biblioteek assistente en een biblioteek hulp.

Met die oprig van die beoogde Biblioteek, wil Oudtshoorn munisipaliteit sy erns om sosiale ontwikkeling te bevorder, n werklikheid maak.