The Oudtshoorn Municipality wishes to inform the residents of Rooiheuwel and surrounding areas that the Mayoral Imbizo which was scheduled to take place on 17 May 2026 has been postponed indefinitely.
The decision to postpone the meeting follows extensive consultation with all affected stakeholders and role-players which was primarily due to the severe impact of the recent floods which affected the Rooiheuwel area and surrounding access routes that prohibited the municipality officials to mobilize for the meeting and the venue of the meeting which was not accessible.
The Oudtshoorn Municipality remains committed to ensuring that all communities are afforded a fair opportunity to participate in the Mayoral Imbizo process.
The Municipality apologizes for any inconvenience caused and thanks the residents of Rooiheuwel for their patience, understanding, and continued cooperation during this difficult period following the recent floods.
Uitstel Van Rooiheuwel Gop-Vergadering
Die Oudtshoorn Munisipaliteit wil graag die inwoners van Rooiheuwel en omliggende gebiede in kennis stel dat die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) openbare deelnamevergadering wat vir die gebied geskeduleer was, uitgestel is tot verdere kennisgewing.
Die besluit om die vergadering uit te stel volg op uitgebreide gesprekvoeringe met alle betrokke belanghebbendes en rolspelers. Die uitstel spruit hoofsaaklik voort uit die ernstige impak van die onlangse vloede wat die Rooiheuwel gebied en omliggende toegangsroetes geraak het.
Die Oudtshoorn Munisipaliteit bly daartoe verbind om te verseker dat alle gemeenskappe ’n billike geleentheid gegun word om aan die GOP-proses deel te neem. ’n Nuwe datum vir die Rooiheuwel GOP vergadering sal aan die gemeenskap gekommunikeer word sodra toestande verbeter het en toegang tot die gebied herstel is.
Die Munisipaliteit vra om verskoning vir enige ongerief wat veroorsaak is en bedank die inwoners van Rooiheuwel vir hul geduld, begrip en voortgesette samewerking gedurende hierdie moeilike tydperk ná die onlangse vloede.