Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Phelophepa Gesondheidstrein ontvang woorde van waardering

Oudtshoorn, 31 Augustus 2017 – Die uitvoerende burgemeester, Colan Sylvester, tesame met die provinsiale minister van Finansies, Dr. Ivan Meyer, het op 29 Augustus 2017 die Phelophepa Gesondheidstrein besoek om hulle waardering uit te spreek aan die professionele dokters en werkers wat hulle mediese dienste beskikbaar stel aan die gemeenskap van Oudtshoorn.

“Ek staan in eer vir al die professionele beroepsmense wat vir 35 weke van hulle geliefdes is om die mense te help wat nie mediese dienste kan bekostig nie.  Deur hierdie onbaatsugtige diens van u sien ons weereens dat die regering nie net ‘n regering van woorde is nie, maar ook van aksie” het Dr. Ivan Meyer gesê.  “Almal betrokke by die sukses van die Phelophepa trein gee waarde aan die mense se lewe en wys dat u omgee”.

Rdl Colan Sylvester het aan die bestuur van die trein gesê dat die munisipaliteit en die raad baie opgewonde is om hulle hier te hê en verskriklik dankbaar is vir die voortreflike en professionle dienste wat hulle verskaf aan die publiek.  Hy wil ook hê die boodskap moet uitgaan dat die publiek nie hierdie geleentheid verby hulle moet laat gaan om die trein te besoek en die dienste te gebruik nie.

Alhoewel die trein oor verskillende dienste verskaf, gaan besoek hulle ook die ouetehuise en skole om seker te maak dat hulle dienste almal bereik.  Mediese studente van regoor die wêreld is deel van die span om ondervinding en kennis op te doen en ook om hulle ondervinding en kennis te gebruik om die publiek van hulp te wees.

“Hierdie trein behoort aan die gemeenskap om die gemeenskap van dienste te verskaf”  was die woorde van die treinbestuurder, Patrick Kgaphola, wat ook ‘n apteker van beroep is. 

Phelophepa trein is in Oudtshoorn tot 08 September 2017.

Voor: Hendik Ruiters, Noluthando Mwati (Onderburgemeester), Laurika du Bois (Bemarkings Koordineerder – Phelophepa Trein), Patrick Kgaphola (Treinbestuuder – Phelophepa Trein), Ewa Fortuin (Raadslid), Dr. Ivan Meyer (Wes-Kaapse Minister: Finansies), Henry Human (Raadslid), Patrick Blaauw (Socio-Ekonomiese Ontwikkelingsbeampte, Oudtshoorn Municipality)

Agter: Patrick Wagenaar (Raadslid), Helen Human (Direkteur: Verpleging – Oudtshoorn Provinsiale Hospitaal), Pieter Luiters (Raadslid), Johan Fourie (Raadslid), Colan Sylvester (Uitvoerende Burgemeester), George Kersop (Raadslid) and Jan Griewelaar (Uitvoerende Burgemeesters Komitee administrateur)