Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Parkeermeter stelsel

Oudtshoorn, 15 Februarie 2017 – Lede van die publiek word genooi om hulle opinie en idees te lug oor die parkeermeter stelsel wat die Oudtshoorn Munisipaliteit van stapel wil stuur.

Oudtshoorn Munisipaliteit beoog om ‘n tender uit te stuur om ‘n verskaffer aan te stel vir ‘n parkeermeter stelsel.  Die rede hiervoor is om professionaliteit en orde te bewerkstellig vir beide die publiek, die motorwagte en die munisipaliteit. Deur die hele proses sal die munisipaliteit die publiek op hoogte hou.

Die munisipaliteit wil kyk na die volgende en  insae van die publiek is meer as welkom:

  • Identifisering van beskikbare parkeerspasie
  • Inligting wat op parkeermeter kaartjies moet reflekteer:
    • Parkeer tarief
    • Dag en tyd
    • Parkeer area
    • Geld betaal deur motoriste
    • Parkering periode (van wanneer tot wanneer)
  • Watter probleme word op die oomblik ondervind met die karwagte, ens.

U kan u insae en kommentaar lewer op comment@oudtmun.gov.za.  Hou ook die webwerf www.oudtshoorn.gov.za dop vir enige vordering asook ons plaaslike koerante. Die munisipaliteit gaan ook ‘n publieke deelname proses begin waarin ons die gemeenskap wil betrek, om sodoende nie dieselfde probleme te ondervind soos met ‘n soortgelyke projek in die verlede nie.