Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Padblokkade Operateurs doen diens in Parkweg

Oudtshoorn, 22 Mei 2019 – Oudtshoorn munisipaliteit se verkeersafdeling het in vennootskap met die Spoedbus van Syntell verlede week ‘n padblokkade projek geloods in Parkweg. Syntell is ‘n voorganger in eind-tot-einde verkeerswetstoepassingsdienste en -stelsels. 

Met die tegnologies geinnoveerde toerusting in die spoedbus kon die verkeersdepartment ‘n goed georganiseerde padblokkade loods, soos outomatiese nommerplaat erkenning wat ‘n waarskuwing uitstuur indien daar ‘n dagvaardiging of ‘n lasbrief vir inhegtenisneming op die voertuig is.  Wat dit ook baie makliker gemaak het is dat voertuigeienaars enige uitstaande verkeersboetes ook daar kon betaal.

Een van die padblokkade operateurs, David Abrahams, het genoem dat hy en sy kollega, Lorendo Damons, baie passievol is oor hulle werk omdat dit hulle deel is om wetstoepassing op die paaie te laat geskied. 

Die verkeersdepartemente gaan poog om dit ‘n gereelde instelling te maak in Oudtshoorn.