Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Oudtshoorn Munisipaliteit se Oudit Komitee aktief

Oudtshoorn, 29 Augustus 2017 – Die Munisipale Oudit Komitee het op 24 Augustus 2017 vir die eerste keer in die finansiële jaar byeengekom.  Hulle is verplig om, volgens die Municipal Financial Management Act (MFMA), ten minste 4 keer per jaar te vergader.

Die vergadering het plaasgevind nadat die Oudtshoorn munisipale raad eenparige besluit het om vyf Oudit Komitee lede aan te stel vir ‘n 3 jaar periode wat duur vanaf 1 Julie 2017 tot 30 Junie 2020.  Die oudit kommitee se lede moet oor die nodige vaardigheid en ondervinding beskik om hierdie rol te vertolk.  Die profiel van elke lid is as volg:

  • Mnr James Du Preez het kennis in voorsieningskanaalbestuur
  • Mnr Hendrik Lamprecht is ‘n gesertifiseerde rekenmeester
  • Me Ingrid Lorenz is ‘n gesertifiseerde rekenmeester
  • M Rolene Van Rooyen is ‘n prokureur
  • Me Rose- Marie Klaas-Ewerts het kennis in bankwese en algemene bestuur

Die Municipal Financial Management Act (MFMA) wet 166 meld dat elke munisipaliteit ‘n oudit komitee moet aanstel wat as ‘n onafhanklike raadgewende liggaam funksioneer en die Raad en bestuur adviseer.  Sommige van die sake wat hulle adviseer, van tyd tot tyd, hou verband met ondere andere, interne finansiële kontrole, risiko bestuur, prestasie bestuur en etiek.

Daarbenewens hersien die komitee die jaarlikse finansiële state van die munisipaliteit om ‘n gesaghebbende siening van die finansiële posisie van die munisipaliteit te voorsien voor indiening by die kantoor van die Ouditeur-Generaal. Om hierdie funksies te verrig het die komitee toegang tot die finansiële rekords en enige ander relevante inligting van die munisipaliteit en werk hulle nou saam met die interne oudit van die munisipaliteit.

Die uitvoerende burgemeester, Colan Sylvester, het gesê: “Die raad baie bly om ‘n ouditkomitee suksesvol te stig. Dit is nog ‘n stap na goeie bestuur, deursigtigheid en die versekering van skoon oudit.”