Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Oudtshoorn munisipaliteit ontvang watertenke vanaf Eden Distriks munisipaliteit

Oudtshoorn, 06 Junie 2017 – “Dit is wonderlik om te weet dat Eden Distriks munisipaliteit homself daargestel het as hulpmiddel vir Oudsthoorn munisipaliteit,” het uitvoerende burgemeester, Colan Sylvester gesê met die ontvangs van vyftien (5 000 liter)  watertenke  wat geskenk was deur Eden Distriks munisipaliteit op Donderdag, 1 Junie 2017.

Die burgemeester van Eden Distriks munisipaliteit, Memory Booysen het die watertenke oorhandig. Hy het genoem dat dit ‘n belangrike aangeleentheid is en dat dit die begin is van heelwat projekte waarmee Eden vir Oudtshoorn munisipaliteit sal assisteer. Na aanleiding van die onlangse waterskaarste het Eden Disktriks munisipaliteit dit goed gedink om watertenke te skenk aan sekere B-munisipaliteite, waarvan Oudtshoorn Munisipaliteit die eerste is.

Colan Sylvester het genoem dat dit nie die eerste keer is dat Eden Distriks munisipaliteit hulle hand uitsteek om Oudtshoorn te help nie, en het Memory Booysen bedank vir die gebaar. Sylvester het op 05 Junie 2017 een van die eerste watertenke aan Pierewiet kleuterskool in Volmoed oorhandig. Hierdie kleuterskool is ook ten volle van sonkrag afhanklik.

Die res van die watertenke sal met die verloop van tyd aan ander landelike gebiede oorhandig word.

In die foto (v.l.n.r.):  Memory Booysen, Burgemeester Eden Distrik munisipaliteit, Colan Sylvester, burgemeester van Oudtshoorn Municipality, Rdl Lambatjeen

In die foto (v.l.n.r.):  Julia Le Roux-Krowitz, Speaker, Colan Sylvester, Burgemeester van Oudtshoorn, Elbé Slabbert, Prinsipaal van Pierewiet Kleuterskool & Rdl Fourie