Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Kragonderbreking in the KKLWVS gebied

Oudtshoorn, 8 Junie 2017 – Die oostelike boorgatvelde van die Klein Karoo Landelike Watervoorsieningskema (KKLWVS) is al sedert Dinsdagnag sonder krag en die skema se Watersuiweringswerke te Dysselsdorp ook. Dit bring mee dat geen rou water uit die boorgate gepomp kan word nie en die suiweringswerke ook nie kan funksioneer nie.

Die reservoirs is besig om leeg te loop en Dysselsdorp asook die landelike gebiede oos van Oudtshoorn, wat deur die KKLWVS bedien word, gaan waarskynlik later vanaand sonder water wees.

Eskom is besig om die probleem aan te spreek. Ons sal u op hoogte hou van verwikkelinge.