Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Inwoners gooi mis

Oudtshoorn, 23 Januarie 2017 – Rdh Colan Sylvester, burgemeester, pleit dat die inwoners asseblief hulle vullis in die grootmaat vullishouers gooi en nie langsaan nie, soos in die meeste gevalle.

“Vir u eie gesondheid en veiligheid, kom ons hou die Groter Oudtshoorn netjies”, smeek-vra die Rdh Sylvester.  Dit het onder ons aandag gekom dat ons inwoners nie weet waarom die grootmaat vullishouers op strategiese plekke in die dorp, Bridgton, Toekomsrus,Bongolethu, Dysselsdorp en De Rust geplaas word nie.  Die vullishouers is vir tuinvullis en ander afval rommel.  Moet asseblief nie gewone huisvullis in die vullishouers gooi nie.  Vir daardie doel deel die munisipaliteit gereeld swart sakke uit en ry die vullistrok op vasgestelde dae om vullis in u buurt op te tel.

Met u samewerking kan ons van Groter Oudtshoorn ‘n dorp maak waarop ons trots kan wees, meen Rdr Sylvester.