Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Help die Munisipaliteit om Diefstal Hok te Slaan

Oudtshoorn, 11 Januarie 2022 – Oudtshoorn Munisipaliteit doen ‘n dringende beroep op die publiek van die Groter Oudtshoorn om diefstal en vandalisme te rapporteer wat plaasvind by Oudtshoorn, Dysselsdorp en De Rust Rioolsuiweringswerke, Vandalisme en diefstal van toerusting en omheinings is tans ‘n groot probleem. Al drie die werke is uiters gevaarlik en beskik oor diep damme en loop die publiek gevaar om te verdrink sou hulle in die damme te lande kom.

“Om hierdie diefstal hok te slaan, het die munisipaliteit die publiek se hulp nodig om hulle oë en ore te wees.  Gedeeltes van die werke by De Rust Rioolsuiweringswerke is einde November 2021 omhein en ons begin nou in Januarie 2022 om gedeeltes van die heining by Oudtshoorn Rioolsuiweringswerke te vervang” het Chris Swart, bestuurder van water en rioolwerke, genoem. 

Dit is ‘n groot finansiële uitgawe om elke keer die omheining te vervang, en dra daartoe by dat befondsing uitgeput raak en ander belangrike projekte nie aandag kan geniet nie.

Die uitvoerende burgemeester, Rdl Chad Louw vra alle inwoners om trots te wees op ons dorp en verantwoordelikheid te neem as dit kom by munisipale eiendomme.  Hy noem verder dat inwoners van die Groter Oudtshoorn moet besef dat indien ons gesteelde materiaal koop en verkoop, dan steel ons eintlik van onsself.

Swart noem dat swem en speel in damme streng verbied word.

Om diefstal en vandalisme van munisipale eiendom te rapporteur, kontak ons asseblief op 044 203 3090/3086 en na-ure op 044 203 7800.