Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Grootkop Stortingsterrein Gerehabiliteer

Vrnl: Hermanus Marais, Carico Barendse, Isak Kammies en Damon Moos. Arnl: Shannon Cornelius, Rodwell Witbooi (Bestuurder: Soliede Afval), Allan Hendricks (Amandla GCF: Operasionele Bestuurder), Raadslid Vlancio Donson (Tegniese Dienste portefeulje komiteelid), Joseph Cupido. Vragmotor: Manitjie Mtomboti. Afwesig op foto: Catrine Wanie en Gert Jordaan.

Oudtshoorn, 20 April 2021 – Oudtshoorn munisipaliteit het op 01 Maart 2021 Amandla GCF Konstruksie op kontrak aangestel tot 30 Junie 2023 om die Grootkop stortingsterrein te rehabiliteer. Amandla GCF Konstruksie is ‘n maatskappy wat grootskaalse projekte aanpak vir verskillede regeringsfere en die privaat sektor, inkluis soliede afval bestuur.

Die munisipaliteit het voorwaardes gestel aan die kontrakteur om plaaslike inwoners in diens te neem vir die termyn van die kontrak, veral informele herwinbare materiaal hanteerders. Hierdie ooreenkoms is bereik sodat die gemeenskapslede ekonomiese voordele kan geniet en om bemagtig te word om werksondervinding op te doen. Raadslid Donson, Tegniese Dienste portefeulje komiteelid, voer aan dat die COVID-19 pandemie ‘n negatiewe ekonomiese uitwerking op onderskeie gemeenskappe het, veral die  informele herwinbare materiaal hanteerders. Hy noem verder dat die munisipaliteit gedurende die pandemie konstant besig is om vir die informele herwinbare materiaal hanteerders by onderskeie regeringsfere vir hulp aansoek te doen.

Die munisipaliteit wil die publiek en besighede bedank wat dit eties en goed vind om gebruik te maak van die stortingsterrein. Daar word ‘n dringende versoek gerig op die publiek en besighede wat onwettig vullis stort in openbare areas en ook diegene wat die vullisbakke misbruik, om dit asseblief te staak. Die praktyk is ontoelaatbaar, plaas onnodige finansiële druk op belastingbetalers en bring onhigiëniese toestande teweeg.

Daar is geskikte entrepeneurs wat dienste adverteer en verrig om grootmaat vullis vanaf privaat huishoudings en besighede te verwyder teen ‘n tarief en dus wettig stort op Grootkop stortingsterrein. Die terrein is oop gedurende weeksdae vanaf 07:00 tot 17:00.