Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Eerste Jaarlike Burgemeester Maskerbal

Oudtshoorn, 14 Februarie 2017 – Die uitvoerende burgemeester, Rdl Colan Sylvester, het die nood in Oudtshoorn gesien en sy hart gaan uit na ons minderbevoorregte kinders en vroue wat dag in en dag uit deur armoede geraak word. Rdl Sylvester het dus besluit om met die samewerking van die gemeenskap en besighede van Oudtshoorn ‘n verskil te maak in ons kinders en vroue se lewens deur middel van ‘n fondsinsamelings.

“Kom en wees deel van die Eerste Jaarlike Burgemeester Maskerbal waar ons as gemeenskap van die Groter Oudtshoorn saam kan staan en ‘n verskil kan begin maak,” noop Rdl Sylvester. Koop ‘n kaartjie vir u en u metgesel en besighede kan ‘n tafel koop vir hulle personeel om die maskerbal by te woon en so ook deel kan wees daarvan om van hierdie eerste jaarlike fondsinsamelings funksie ‘n groor sukses te maak.

Kaartjiepryse beloop R150 per persoon en vir sakeondernemings R2000 per tafel. Die funksie is op die 17de Maart 2017 om 18h30 vir 19h00 in die banketsaal by die munisipaliteit. Die munisipaliteit voorsien self die maskers, so al wat nodig is, is net u teenwoordigheid en u beursie. Gedurende die maskerbal sal daar ‘n veiling wees.