Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

“Career expo” vir werkloses ‘n sukses

Oudtshoorn, 15 November 2017 – Oudtshoorn munisipaliteit se visie is om ‘n sterk en deernisvol gemeenskap te bou wat daarna strewe om die kwaliteit van die lewens van die inwoners op ‘n volhoubare manier te verbeter.  Om hierdie rede het die munisipaliteit dit goed geag om ons jongmense bloot te stel aan ‘n “Career expo”.

Die “Career Expo” is ‘n program wat gefokus het op die jongmense wat werkloos is in die Groter Oudtshoorn en ook op matrikulante.  Die program is van stapel gestuur om interaksie tussen jongmense en verskillende onderwysinstellings en ook regeringsorganisasies te bewerkstellig. Verskillende beroepsmoontlikhede wat beskikbaar is in verskillende sektore is hier ten toon gestel en die jeug was ingelig en geadvisteer oor verskeie loopbaan keuses.

Uitvoerende burgemeester, rdl Colan Sylvester, het al by meer as een geleentheid genoem dat dit een van die munisipaleit se doelwitte is om ons jongmense te verhewe bo hul omstandighede en om van hulle lewens ‘n suskses te maak. Bo en behalwe het die munisipaliteit ook verskeie beurse geadverteer vir ons jongmense en is ook besig met fondsinsamelings projekte vir ons jong kinders om meer beurse te ontvang vanaf die munisipaliteit.

“Ons is waarlik dankbaar vir die groot opkoms gedurende die “Career Expo” en dit is net weer ‘n teken dat ons kinders regtig hul drome wil nastreef.  Een van ons strategiese mikpunte is om die belange en behoeftes van ons gemeenskap ter harte te neem,” het onderburgemeester, Noluthando Mwati, gesê wat ook teenwoordig was by die dag se verrigtinge.

Daar was minstens 286 jeugdiges en 23 uitstallers van verskillende organisasies wat die “expo” bygewoon het.  Hierdie jeugdiges het bestaan uit studente, werkloses, gegradueerders, skoolverlaters.  Ook heelwat ouers was daar om hulle belangstelling te toon.