Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Burgemeester kondig sy beurs toekennings program aan

Oudtshoorn, 30 Augustus 2017 – Op 29 Augustus 2017 het die uitvoerende burgemeester, Colan Sylvester, en die raad met ‘n paar onderwysers van hoërskole in Oudtshoorn bymekaar gekom om sy beurs toekenningsprogram aan te kondig.  Die fokuspunt was om die vennootskap tussen skole en die munisipaliteit te herstel om meer jongmense te lok na plaaslike regering sektor.

Oudtshoorn munisipaliteit is in die proses om ‘n beurs toekenningsprogram te begin wat spesifiek gemik is op die ontwikkeling van jongmense in Oudtshoorn, om hulle akademies op te lei en dan hulle vaardighede en kennis in die dorp te gebruik.  Die beurs toekenningsprogram vir 2017/2018 boekjaar sal R600 000 beloop wat sal gaan vir eksterne beurse (R300 000) en vir gegradueerde internskappe (R300 000).  Die eksterne beurse sal slegs fokus op studierigtings in Elektriese Ingenieurswese, Siviele Ingenieurswese en Behuising.  Die Gegradueerde Internskappe sal vasgestel word deur die behoefte van die munisipaliteit wat op daardie stadium sal bestaan.

Aangesien hierdie beurs toekenningsprogram gefinansier word deur die belastingbetalers, sal slegs jongmense wat van Oudtshoorn is baat vind by hierdie program.  “Die ontvangers van die beurs moet plaaslik wees.  Die munisipaliteit sal ondersoek instel om seker te maak dat die beurse toegeken word aan jongmense wat oorspronklik van Oudtshoorn is, want ons hoof fokuspunt is om in ons dorp se jongmense te begin belê, sodat hulle in die toekoms kan terugploeg in die dorp” was Colan Sylvester se woorde aan die onderwysers.

Sylvester het verder gesê dat “die behoefte om meer finansiële bystand aan ons jongmense te gee sal altyd daar wees, maar dat die munisipaliteit self nog steeds in die herstelproses is”.  Hy het ook genoem dat hierdie onderneming om ons jongmense te help baie uitdagings te weeg sal bring, maar die raad is bereid om hierdie uitdagings te aanvaar, siende dat skole kinders meer moet inlig oor beroepe in die plaaslike regering.

Dit sal die eerste keer wees dat die raad beurse gee aan die jonge mense van die Groter Oudtshoorn in twee jaar.

In foto: Voor VLNR: Pieter Luiters (Raadslid), Annelie Knoetz (Hoërskool Oudtshoorn), Salome Herold (Morestêr Sekondêre Skool), Brandon Lottering (Morestêr Sekondêre Skool), Lauren Meiring (Hoërskool Oudtshoorn), Hendrik Ruiters (Raadslid)

Agter VLNR: Oral Frans (Auriel College), Colan Sylvester (Uitvoerende Burgemeester), Innes Olivier (Dysselsdorp Sekondêre Skool