Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Burgemeester help TTM met skoonmaakprojek

Oudtshoorn, 24 Maart 2017  – Die Burgemeester, Rdh Colan Sylvester, het sy hand in die ploeg geslaan en gehelp met die skoonmaak in ‘n gedeelte van Riemvasmaak op Woensdag, 22 Maart 2017.  Rdh Colan Sylvester het sy handskoene en masker opgesit en gesê “ soms moet jy self inspring en doen wat jy sê andere moet doen”.

Die Toeriste Transformasie Missie het ‘n skoonmaakprojek van stapel gestuur, in samewerking met die Afriforum, SFM-streek en Oudtshoorn Munisipaliteit waar hulle van hulle kant af ‘n verandering wil bring in die Groter Oudtshoorn. Hierdie projek is deurlopend vir die volgende twee tot drie jaar.  Hulle wil vir inwoners vra om soms nie te wag vir iemand om die werk te doen nie, maar soms self eie inisiatief te gebruik. 

“Google ‘n bietjie “Oudtshoorniete staan saam” en kyk waar u kan help om ‘n verskil te maak” moedig Sylvester aan.