Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Breakage on Pipe at Raubenheimer Dam

Oudtshoorn, 7 May 2020 – A breakage on the supply pipe from the Raubenheimer dam, which supplies water to Oudtshoorn, occurred on Tuesday, 28 April 2020. The Municipality consequently stopped supply to Oudtshoorn from the Raubenheimer dam and is currently supplying water from the Melville Dam. The Melville Dam can supply Oudtshoorn with water for about 30 days.

The services of a specialist contractor have been called in and repairs have already begun. The repairs are hampered in that they must be confined to the tunnel, under the embankment, in limited space. The 400 mm diameter pipe is also covered with concrete that must first be broken down. It is envisaged that the repairs will be done within the next two weeks.

It is not expected that the water supply in town will be interrupted, as the town has enough storage capacity in the reservoirs to accommodate the peak flows. However, the areas in Buffelsdrift and Schoemanshoek that are supplied directly from the main supply lines may experience water supply interruptions during peak times.

Although the dam level is above 49%, the drought is still not over. Residents are therefore requested to use water sparingly.

We apologize for any inconvenience that may occur and thank you in advance for your cooperation.

Breek op Pyptoevoer by Raubenheimerdam

Oudtshoorn, 7 Mei 2020 – ‘n Breek op die toevoerpyp, onder uit die Raubenheimerdam, wat water aan Oudtshoorn voorsien, het Dinsdag ontstaan. Die Munisipaliteit het gevolglik die toevoer na Oudtshoorn uit die Raubenheimerdam gestaak en voorsien tans water uit die Melvilledam. Die Melvilledam kan Oudtshoorn vir ongeveer 30 dae van water voorsien.

Die dienste van ‘n spesialis kontrakteur is ingeroep en daar is reeds begin met herstelwerk. Die herstelwerk word bemoeilik deurdat dit in die tonnel, onder die wal, in beperkte ruimte moet geskied. Die 400 mm  diameter pyp is ook met beton omhul wat eers weggebreek moet word.  Daar gaan gepoog word om die herstelwerk binne die volgende twee weke af te handel.

Daar word nie voorsien dat die watertoevoer in die dorp onderbreek gaan word nie, aangesien die dorp oor genoeg stoorkapasiteit in die reservoirs beskik om die piekvloeie te akkommodeer. Die areas in Buffelsdrift en Schoemanshoek wat direk uit die hooftoevoerlyne voorsien word, mag egter tydens piektye  onderbrekings in watertoevoer ervaar.

Alhoewel die damvlak bo 49 % is, is die droogte nog steeds nie gebreek nie.  Inwoners word dus versoek om water spaarsamig te gebruik.

Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat mag voorkom en bedank u by voorbaat vir u samewerking.