Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Boodskap aan Feesgangers van Uitvoerende Burgemeester van Oudtshoorn

Dit is met ‘n vuurwarm karoo welkom dat ons u ontvang in ons midde.  Bring u plesierige geaardhede, u asemrowende kunste en fenominale feestelike dramas en geniet die 23ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees met alles wat dit u bied.

So tussendeur die lekker deur, wees asseblief ten alle tye waaksaam.  Moenie skroom om enige ongeruimdhede by die polisiekantore aan te meld nie.  Veiligheid is ons top prioriteit hierdie feestyd en weet dat die polisie en die sekerheidspan van die KKNK hulle beste sal doen om u veiligheid te verseker.  Ons glo ieder en elk wil ‘n wonderlike kunstefees stemming beleef, en daarom vra ek ook dat ons verdraagsaam met mekaar moet wees.

Deur die aanbieding van verskeie programme weerspieël die KKNK Suid- Afrika se ware talente.  Die kunstige rykdom van ons land word hier deur almal geniet, oud en jonk, en as’t ware kry Oudtshoorn weereens ‘n welverdiende kulturele inspuiting. 

Aan alle feesgangers, kunstenaars en eienaars van stalletjies, geniet die fees en wees vir mekaar ‘n plesier.  Oudtshoorn Munisipaliteit bedank almal wat tot die sukses van die fees in sy geheel bydrae.