Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Blykie van waardering aan afgetrede munisipale personeel

Oudtshoorn, 15 December 2016 – “U is onlosmaakbaar deel van die munisipaliteit,” dit is met hierdie woorde wat die uitvoerende burgemeester, Rdh Colan Sylvester, sy erkenning uitgespreek het aan die afgetrede munisipale personeel tydens ‘n geselligheid op 15 Desember 2016.

As ‘n blykie van waardering is die afgetrede personeel uitgenooi na ‘n klein geselligheid, wat ook bygewoon was deur somige lede van die burgemeesterskomittee, die munisipale bestuurder en ook direkteure van die verskillende departemente. Die burgemeester het tydens hierdie geleentheid dienssertifikate aan afgetrede personeel oorhandig.

Hulle diensjare wissel vanaf 3 tot 37 jaar dienslewering. Die burgemeester het sy opregte waardering uitgespreek aan die afgetreded personeel van die munisipaliteit vir hul tyd, lojaliteit en harde werk al die jare en die deelwees van ‘n instansie waar hulle help bou het om die goeie beeld van die munisipaliteit uit te dra.

“’n Mens sien baie keer nie klein dinge raak nie, maar wees verseker dat u ‘n groot bydrae gelewer het tot dienslewering,” het die munisipale bestuurder, Allan Paulse, gesê.

“Kry nuwe uitdagings en moenie gaan stilsit nie.  Doen iets daarbuite waar u nogsteeds iemand se lewe kan verryk,” was rdh Sylvester se afskeidswoorde aan die afgetrede personeel van Oudtshoorn Munisipaliteit.