Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

Bewusmakingsveldtog oor die waterkrisis

Oudtshoorn, 15 Augustus 2018 – Oudtshoorn munisipaliteit is besig met ‘n uiterste bewusmakingsveldtog oor die waterkrisis.  “Ons wil uitreik na skole, besighede, belanghebbendes en inwoners om aan hulle die erns van die situasie te beklemtoon,” sê Colan Sylvester, uitvoerende burgemeester.

“Ons begin by ons en wees ‘n voorbeeld vir die Groter Oudtshoorn as dit kom by waterbesparing,” was die woorde van een van die raadslede gedurende ‘n werkswinkel oor hoe ons die krisis gaan oorbrug.  Die munisipaliteit verseker die inwoners dat nie enige drinkwater gebruik gaan word vir die  benatting van sportvelde, middelmannetjies en munisipale grasperke nie. Slegs gryswater sal gebruik word vir hierdie doel.

Oudtshoorn munisipaliteit is besig om drastiese maatreels in plek te sit aangesien die dorp se watterbronne onder druk is met die weersomstandighede wat ‘n veranderde neiging toon.  Hierdie maatreels wat beplan word behels enorme kostes. Om boorgate wat alreeds geboor is met pompe, elektirisiteit ens. toe te rus en om ‘n pyplyn vanaf Blossoms (soos mens uitry na George) na Oudtshoorn aan te lê, beloop ongeveer R25 miljoen.  Dringende finansiële hulp is aangevra vanaf die provinsiale en nasionale regering.

Die raad van Oudtshoorn is bereid om sy eie beleid te wysig deur pypbarste binne erwe, in deernisgevalle, te herstel en pleit dat inwoners asseblief enige lekkasies en pypbarste moet aanmeld.

“As dit nie reen nie, het ons nie water nie.  Ons moet bespaar op dit wat ons het,” pleit Allen Paulse, munisipale bestuurder.