Oudtshoorn, 01 November 2017 – Die munisipale swembaddens is vanoggend deur die uitvoerende burgemeester, Colan Sylvester, amptelik oop verklaar. Die swembad in kerkstraat is na drie jaar weer in volle bruikbare toestand en die publiek kan weer daar gaan afkoel in die waters.
Na die voorval met die NA Smit swembaddens is alle nodige herstelwerk gedoen, die klein swembad is geseël en geverf en die kleedkamers het ook ‘n nuwe voorkoms gekry. Die konkrytblokke is ook vervang en buiteligte is aangebring.
Die swembad in Kerkstraat het die afgelope jare baie vervalle geraak, was ook gevandiliseer en die publiek was baie ongelukkig en bekommerd oor die toestand van die spesifieke swembad. Algehele herstelwerk is daar gedoen,onder andere nuwe toilette, herstelwerk aan die dak, wat minstens R300 000 se uitgawes was. Alle werke aan die swembaddens is deur die amptenare self gedoen.
Die tariewe van alle swembaddens is as volg:
Volwassenes R11.00
Studente en kinder onder 12jaar R 3.50
Maandeliks:
Volwassenes R140.80
Studente en kinder onder 12jaar R 70.50
Seisoen tariewe
Volwassenes R294.40
Studente en kinder onder 12jaar R 147.30
Opleidings sessies
Skole – 4 ure per week (per uur) R61.50
Swemklubs – 2 ×1.50 ure R684.50
Spesiale gebeure:
Per Gala R204.80
Per Biathlon/Gala R108.90
Gestremdes en spesiale staats skole kry gratis toegang.
Alle swembaddends in die Groter Oudtshoorn behoort teen die einde van die week oop te wees vir gebruik.