Prosperity for All
A Town to grow, work, play & prosper in

161 inwoners van De Rust ontvang transport-aktes

Oudtshoorn, 18 Julie 2017 –Vir eerste huiseienaars is dit een van dié belangrikste dokumente wat hulle in hul besit kan hê, het burgemeester, Colan Sylvester, gesê toe hy inwoners van De Rust toepreek met die oorhandiging van 161 transport-aktes op Donderdag, 13 Julie 2017.

Na ‘n lang gewag het mev Kaaitjie Maswati wat 93 jaar oud is, baie bewoë haar transport-akte in ontvangs geneem.  Vir die eerste keer het sy ‘n huis wat sy haar eie kan noem.

“Dié dokument gee nie net aan die huiseienaar versekering vir huisvesting nie, maar dien ook as nalatenskap vir my nageslag” het Sylvester tydens sy toespraak gesê.  “Om hierdie rede moet u baie oordeelkundig te werke gaan met hierdie dokument.” Hy het hulle verder geadviseer om ‘n geldige testament in plek te kry.

In 2012 het Oudtshoorn munisipaliteit met ‘n projek begin waar alle inwoners van lae-koste behuising aansoek moes doen vir hul transport-aktes by die munisipaliteit.  Hierdie aansoeke was dan na die voltooiing van lae-koste huise in 2013 na die Aktekantoor in Kaapstad gestuur waar alle inligting ingevoer en geprossesseer is.

Voordat die burgemeester die transport-aktes aan die eienaars oorhandig het, het hy aan hulle gesê om hulle transport-akte te bewaar en nie in verkeerde hande te laat beland nie.

In die foto: Mev Kaaitjie Maswati met Burgemeester, Colan Sylvester

In die foto:  Burgemeester spreek inwoners van De Rust toe